Nkandla-verslag dalk vandag vrygestel

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Die ministers van justisie, misdaadvoorkoming en die sekuriteitsgroepering sal na verwagting Donderdag ʼn taakspanverslag oor die sekuriteitsopgradering by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla vrystel.

Die verslag sou vroeër in Desember vrygestel word, maar dit is uitgestel. Die kabinet het daarna die vrystelling van die verslag gelas.

Die besluit is aangekondig nadat die ANC die Openbare Beskermer gekritiseer het oor die tydsberekening van haar eie verslag oor die opgradering van R206 miljoen. “Ons het die voorstelle goedgekeur en gelas dat die verslag aan die publiek vrygestel moet word,” het die kabinet destyds gesê.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het vroeër vanjaar die verslag geklassifiseer en gesê dit kan Zuma se veiligheid in gedrang bring indien die verslag vrygestel word.

Die Mail & Guardian het ʼn paar weke gelede berig dat Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, in haar voorlopige verslag bevind het dat Zuma die parlement mislei het en wesenlik voordeel getrek het uit ongeveer R20 miljoen van die opgradering wat niks met sekuriteitsmaatreëls te make het nie, insluitend ʼn swembad.

Madonsela het die uitlek van die verslag veroordeel.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het op 8 Oktober beslis dat die Demokratiese Alliansie se versoek, dat die verslag vrygestel moet word, dringend is. Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het op 30 September die hof genader in ʼn aansoek om die departement van openbare werke te dwing om ʼn afskrif van die taakspan se verslag aan haar te oorhandig.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Conrad ·

@ Iemand, weet nie wat jy gerook het nie. Dit is Suid Afrika waarin jy woon, amper soos Zim.

Iemand ·

Conrad as jy gerook is ou maat en nog toe oe deur die lewe gaan is dit maar moeilik. Zuma sal nie nog n termyn as president van die land dien nie. EK kan dit vir jou waarborg. Daar is te veel wat nou teen hom tel. Jy het nie ‘n benul hoe die ANC of hulle mense se koppe werk nie.

henk celliers ·

Dit gaan die mees afgewaterde verslaggie wees aan wat jy kan dink,stel n jakkels aan as wagter oor die hoenderkok,”Viva Afrika”

Iemand ·

Henk ek glo nie, hulle soek Zuma se kop en hulle gaan hom kry. Ramaposa gaan president wees in volgende jaar se verkiesing

Gert ·

Ou Stortkoppie kan maar net nie uit die moeilikheid bly nie. Ek dink nie hy is enigsins bekommerd oor die verslag nie want steel en korrupsie is normale prosedure in die ANC! Ek wens net hy wil begin verstand kry om agter te kom hoe onbekwaam hy EINTLIK is. Whaaaaaaahaaaaahaaaaa!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.