Nkandla-verslag: “Onreëlmatighede geïdentifiseer”

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Thulas Nxesi, minister van Openbare Werke, het gesê talle onreëlmatighede is geïdentifiseer in die aanstelling van diensverskaffers en die aanskaf van goedere en dienste in die sekuriteitsopgradering van pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Nxesi het aan verslaggewers in Pretoria gesê hy het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en die ouditeur-generaal vir forensiese en kriminele ondersoeke genader. “Daar is talle onreëlmatighede in verband met die aanstelling van diensverskaffers en aanskaffing van goedere en dienste,” het hy gesê tydens die vrystelling van ʼn taakspan se verslag oor die R206 miljoen opgradering van Zuma se huis.

“Daar was byvoorbeeld bestellings en ʼn hoë persentasie wat aan konsultasie spandeer is wat dui op die moontlikheid van oormatige fakturering en samewerking.”

Hy sê Zuma het ʼn proklamasie onderteken wat die SOE in staat stel om verder ondersoek in te stel.

Nxesi sê Zuma het nie die opgraderings versoek nie. Hy het gesê die sogenaamde swembad is ʼn “brand-swembad” wat gebruik sal word as die mees lewensvatbare opsie vir brandbestryding. Klik hier om meer te lees.

Bewerings dat Zuma staatshulpbronne gebruik het vir opgraderings by die woning is ongegrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stoere Boer ·

Wonder of ek nie ook ‘n brand swembad op my erf kan kry nie. Sal help om die bure se vure te blus.

Alida Engelbrecht ·

Is iemand dalk verbaas ? Het ons nie almal geweet Nr 1 is onaantasbaar nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.