Nkandla-verslag: “Oorweeg kriminele vervolging” – ANC

Nkandla

Nkandla

Die ANC is besorg oor die bedrag wat aan opgraderings spandeer is by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

“Alhoewel ons kennis neem dat die eintlike koste van die werk wat gedoen is, R71 miljoen beloop, is die ANC steeds besorg oor hierdie bedrag en ons wil bepaal of dit geregverdig en markverwant is,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Donderdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Ons neem ook kennis dat sekere kostes van sekere gedeeltes van die projek te hoog is. “Streng stappe sal gedoen word teen diegene wat betrokke was in sulke bedrieglike en korrupte aktiwiteit, ongeag van wie betrokke was of watter poste hulle in die staat of privaatsektor beklee.”

“Ons versoek dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) dringend sy ondersoek oor die saak sal afhandel,” het Mantashe gesê. “As die ANC glo ons dat die regering nie net kriminele vervolging moet oorweeg nie, maar ook om die waarde te probeer herwin en die betrokke maatskappye of individue, wat moontlik onregmatig voordeel getrek het uit die proses, op ʼn swartlys te plaas.”

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het Donderdag gesê bewerings dat Zuma staatshulpbronne gebruik het om Nkandla te bou en op te knap, is ongegrond. Hy het die uitslag van ʼn taakspan se verslag bekend gemaak. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Hond eet Hond !

Sou hy skuldig bevind word, watter stappe gaan geneem word ?

Iemand ·

Kom ons wag en sien as die verslag van die openbare vervolger se verslag volgende jaar bekend gestel word. Dit behoort redelik van die ANC se ondersoek te verskil.
Glo sy tyd het gekom.

Demokraat ·

Alle konstruksie- en aanverwante werk aan Nkandla sou mos uiteraard aan Comrades of minstens Swart Bematigings Ondernemings toegeken word. Gwede Mantashe se kamtige dreigement dat daar sterk opgetree sal word sou daar op bedrieglike of korrupte wyse deur kontrakteurs gehandel was, is loutere bekpraatjies – daar sal niks van kom nie. Plaas die minister van Werke op die swartlys – dis hy wat die groenlig gegee het vir al die werk aan Nkandla.

riaan vd walt ·

Wat dink die ministriële taak span van ons burgers van die land?
Al bly ons in n piesang republiek is almal nie bobbejane nie!
Ri

Alan ·

Moenie n fout maak nie – dis nie Zuma wat vervolg sal word nie – dit sal een of ander onderling wees wat moet boet, en dan gaan bly Zoem-Zoem lekker in sy huise.

Hennie ·

Hoe dom dink hulle is ons……….ek as huis eienaar laat doen sekuriteit opgraderings wat ‘n swembad en ander verbouings in sluit. Dit is ‘n eienaar wat wederegtelik en opsetlik woorde gebruik om voordeel daar uit te trek. Skuldig!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.