Nkwinti: Grondgryp is nie ʼn opsie nie

Gugile Nkwinti. Foto: GCIS

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê die idee om grond te eis sonder vergoeding is “uit voeling met die realiteit.”

“Grondgryp is nie ʼn opsie nie, daar is geen so beleid nie. Om dit te doen sal mens die grondwet moet wysig.” Nkwinti het die uitlatings gemaak tydens ʼn mediakonferensie in Boksburg na ʼn vergadering oor die vordering van die groenskrif oor grondhervorming. Nkwinti se adjunk, Lechesa Tsenoli, sê Nasionale Verwysingsgroep, wat bestaan uit verteenwoordigers insluit van tradisionele leiers, landbou, opkomende boere en die regering, het terugvoering gegee oor die verskillende aspekte van die groenskrif. Hy sê daar moet versigtig omgegaan word met die kwessie van grondhervorming. “Vir sommige is dit ʼn kwessie van lewe en dood. Die staat kan dit voorkom deur dit spoedig uit te sorteer.” Hy sê een van die deurslaggewende kwessies in grondhervorming is die idee van gewillige koper, gewillige verkoper. “Wanneer ʼn boer hoor dat sy grond gekoop kan word, stoot hy die prys van sy plaas op. Hulle sê dan: Dit is die staat kom ons ons melk hulle.” Nkwinti sê die konsep van gewillige koper gewillige verkoper kan nie werk as die staat betrokke is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.