Noag se ark was rond, wys kleitablet

Die replika-ark in aanbou. Foto: The Telegraph

Die replika-ark in aanbou. Foto: The Telegraph

Noag se ark was nie, soos algemeen aanvaar word, ovaalvormig nie, maar rond. Dis altans volgens ‘n 4 000 jaar oue Mesopotamiese kleitablet wat pas ontsyfer is en van Vrydag af in die Britse Museum uitgestal word.

Die persoon wat die ontsyfering gedoen het, dr. Irving Finkel, meen die inskrywing op die kleitablet kan moontlik die oorspronklike weergawe wees waarop latere weergawes van die verhaal van Noag se ark, waaronder die Bybel en Babiloniese geskrifte s’n, geskoei is.

Dr Finkel met die kleitablet. Foto: AP

Dr Finkel met die kleitablet. Foto: AP

Soos die Bybelse weergawe, bevat die kleitablet besondere detail en instruksies oor die bouwerk van die ark. ‘n Span ingenieurs wat van Indiese werkers gebruik maak, het reeds aan ‘n replika begin bou wat later vanjaar op Channel 4 gebeeldsend gaan word. Die afmetings van die ronde ark is byna 71 meter in deursnee en sewe meter hoog.

Bronne: Haaretz, The Guardian, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.