Nóg 12 renosters gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Nóg 12 renosters is die afgelope week vir hul horings doodgemaak, het die departement van omgewingsake bekendgemaak.

ʼn Woordvoerder van die departement, Albi Modise, sê 171 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Dié getal het verlede week Woensdag op 159 renosters gestaan. Volgens die departement is 103 renosters reeds vanjaar in die Krugerwildtuin gestroop. In Limpopo is 23 renosters gestroop, in KwaZulu-Natal is 18 renosters gestroop en in Noordwes is 17 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Die departement het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om renosterstropery aan te meld by 0800 205 005.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.