Nóg 50 klagtes teen Malema

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) het 50 meer aanklagte teen Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, gebring.

‘n Afskrif van die jongste beskuldiging teen Malema toon aan dat hy verskeie klagtes van korrupsie, swendelary, bedrog en geldwassery in die gesig sal staar, berig City Press. Die hooggeregshof in Limpopo het Vrydag by Malema se verskyning gehoor dat ‘n klag van swendelary tot die aanvanklike klag van geldwassery teen hom bygevoeg is. Die saak is tot 23 April uitgestel.

Die nuwe klagtes sal tydens Malema se volgende hofverskyning teen hom gebring word.

Die saak hou verband met die onregmatige toekenning van ‘n tender van R52 miljoen aan On-Point Engineering. Malema se Ratanang-familietrust is ‘n indirekte aandelehouer in On-Point. Malema het aan City Press gesê die nuwe klagtes is “polities saamgeflans”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.