Nog 7 sterf in KZN-aanval

Die polisie in KwaZulu-Natal het hulle hande vol ná sewe mense tydens ʼn aanval in die gebied vermoor is. Dié slagting volg kort na ʼn aanval oor die naweek waarin vyf mense dood en 17 ander beseer is.

Die mees onlangse voorval het in Pomeroy naby Umsinga gebeur. Volgens die polisie het die slagoffers glo na verlore vee gesoek toe ʼn groep verdagtes op hul losgebrand het.

Saterdagaand se aanval het in Ngudwini, naby Sundumbili, plaasgevind. ʼn Groep verdagtes het losgebrand op ʼn groep mense wat ʼn tradisionele geleentheid in die omgewing bygewoon het.

Die rede vir die aanvalle is nog nie bekend nie. Polisieteenwoordigheid is in die omgewing opgeskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.