Nóg 9 renosters gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die minister van omgewingsake, Edna Molewa, het bekendgemaak dat nog nege renosters die afgelope week vir hul horings doodgemaak is.

Molewa het tydens ʼn mediakonferensie by die Krugerwildtuin bekendgemaak dat 159 renosters reeds vanjaar in Suid-Afrika gestroop is. Molewa sê 95 van dié renosters is in die Krugerwildtuin doodgemaak. Sy sê ʼn rekordgetal van 90 vermeende renosterstropers is reeds in hegtenis geneem. Molewa het ʼn beroep gedoen op private grondeienaars om, indien hul renosterhorings in hul besit het, dit te registreer by hul onderskeie provinsiale wildbewaringsowerhede. Volgens wet moet ʼn persoon ʼn permit bekom om ʼn renosterhoring te besit. Dié horings moet ook in ʼn register opgeteken word en ‘n mikroskyfie bevat. Molewa se intussen daar is baie belangstelling rakende die kwessie om Cites (die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies) COP16 te nader met ʼn voorlegging om die handel in renosterhorings te wettig in ʼn poging om stropery te probeer hokslaan. Sy sê die departement kan egter nie nou hieroor kommentaar lewer nie aangesien die voorbereidingsprosesse nog nie afgehandel is nie. Die departement het Donderdag bekendgemaak dat 150 renosters reeds vanjaar vir hul horings gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.