Nóg aanklagte teen Oscar Pistorius

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius, wat van die moord op sy meisie Reeva Steenkamp verdink word, staar nou twee ekstra aanklagte in die gesig.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag gesê dié aanklagte hou verband met die oortreding van sekere dele van die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

“Pistorius is vandag [Woensdag] oor die nuwe aanklagte ingelig. Ek is nie bereid om kommentaar te lewer oor die aard van die aanklagte nie,” het Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die NVG, gesê.

Pistorius se moordverhoor begin in Maart volgende jaar in die Pretoriase hooggeregshof. Hy word daarvan verdink dat hy Steenkamp op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Pistorius voer aan dit was ʼn ongeluk en dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het. Die verhoor behoort van 3 tot 20 Maart te duur. Volgens die aanvanklike aanklaglys gaan 107 getuies vir die staat getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elize Mans ·

Ai kan hierdie goed nie maar stop nie.Hoekom handel hulle nie maar eers die een saak af nie.
Ja dit is tragies wat gebeur het.

fransie ·

Is die addisionele klagte nie al ou nuus nie????? Was die Nathi Mncube nou n bietjie lank uit die publieke oog daarom kondig hy goed aan wat ons almal al weet!!

Rika Kotze ·

Daar was aanvanklik nooit iets gese oor hierdie twee insidente nie. Die meisie het soos ek vermoed nog steeds met hom bly uitgaan, daar was toe nie n woord gerep nie. Ek glo nie daar is nog iets wat kan uitkom om Oscar te benadeel nie – ons dien n groot God en hy het n goeie regsspan – bid vir jou Oscar! !!!!!!

Anon ·

Hoop regtig dinge sal uitwerk soos dit moet, of hy skuldig of onskuldig is. Maar ek hoop en bid dat hierdie man onskuldig sal wees. Sterkte Oscar.

Brandon ·

Hoe kan dit net ‘n ongeluk wees as daar nie eers waarskuiwing skoot was nie, en hoe skiet jy iemand ‘n paar keer en kyk nie eers of die persoon raak geskiet is die eerste keer nie, en tweedens ek dink my opieni Oscar is skuldig aan moord en probeer als toesmeer en daars jaloesie betroke hoor wat ek julle se, wat van die boodskape wat delete is wat die speurders nog probeer opsoek wat net weg is. En nog ‘n ding ek is glad nie tevrede met die polisie se diens lewering nie agv verkragting sake, moord sake, dief stal ens. Jy meld ‘n saak aan dan hoor ‘n mens net sweet blou al nix! Wat van mense wat dwelms gebruik? Nix word net daaraan gedoen nie maar ons moet tax betaal en hulle los die sukkers sodat hulle verder kan steel en tekere gaan en dis waarvoor ons tax betaal. Jammer ek dink die gaverment sit agter als want hoe meer diefstal hoe beter is dit vir hulle want hulle word mos betaal met ons belastings en tax! Eks jammer maar dis swak en onreg wat hulle doen! En Oscar is skuldig hoor wat ek julle se!

sarie ·

kan die Oscar saak maar afgehandel word nie,hy voel dalk al soos ons die publiek,plaas hulle klaar kry met sy saak en hulle aandag gee aan ander sake wat ook moet aandag geniet,daar is baie ander sake en ondersoeke .

roxean ·

al is oscar skuldig dis darem onnodig om hom so te kruisig. die hereis genadig en ons almal voel seer vir riva se famielie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.