Nog aardgas in Mosambiek gevind

'n Italiaanse energiemaatskappy het nog 'n groot hoeveelheid aardgas langs die kus van Mosambiek ontdek. Foto: arabianoilandgas.com

Die Italiaanse energiemaatskappy, ENI, het Woensdag aangekondig dat die maatskappy aardgas van ongeveer 10 triljoen kubieke voet naby die kus van Mosambiek ontdek het.

Die nuwe veld is in die Rovuma-kom naby Cabo Delgado geleë. Die gas lê op ʼn diepte van 5 000 meter onder seevlak en sal na raming ENI se Mamba-velde met 52 triljoen kubieke voet versterk.

Daar is reeds ʼn totaal van 80 triljoen kubieke voet natuurlike gas in Rovuma gevind. Die ontdekking maak die land een van die nuwe hoofverskaffer van dié natuurlike hulpbron.

Mosambiek lê op die suidelike punt van ʼn skeur in die aardkors wat langs die Oos-Afrika kus tot by Somalië loop. Die land se ligging maak dit geologies gunstig vir die ontginning van natuurlike gas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.