Nóg Avastar-klagtes ontvang

Avastar-nagklub in Rivonia, Johannesburg

Nóg voormalige werknemers en diensverskaffers van omstrede nagklub Avastar het nou na vore getree om te sê hulle het nie betaling ontvang nie en dat hulle regsaksie teen mede-eienaar Mike Basson oorweeg.

Eyewitness News het Dinsdag verskeie bewerings van wanbetaling, bedrog, aanranding, omkopery en onwettige aktiwiteit van dié nagklub bekendgemaak. Basson het alle bewerings ontken. Die klub bly steeds gesluit, aangesien die verhuurder glo nie sy betaling ontvang het nie. Basson het egter gesê dit is weens ‘n elektriese probleem.

Na die bekendmaking Dinsdag van die nagklub in Rivonia, het Eyewitness News verskeie e-posse en telefoonoproepe van voormalige werknemers en diensverskaffers ontvang. Talle wil nie hul name bekendmaak nie, uit vrees vir hul veiligheid. Klik hier om die bewerings te lees.

Basson voer aan die bewerings is bloot stories wat sy eie en die nagklub se naam in die skande wil bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.