Nog betogings oor dienslewering van Madibeng-munisipaliteit

Betogers oorhandig hul memorandum aan die nuwe burgemeester. Foto: Valeska Abreu / Pretoria News / Twitter

Betogers oorhandig hul memorandum aan die nuwe burgemeester. Foto: Valeska Abreu / Pretoria News / Twitter

Inwoners van Hebron, naby Ga-Rankuwa in Pretoria, het Woensdagoggend bymekaargekom om teen swak dienslewering in die Madibeng-munisipaliteit te betoog.

Die inwoners kla oor dienslewering in die informele nedersetting wat op die grens tussen Noordwes en Gauteng geleë is. Honderde mense het op die hoofpad gesing en gedans en plakkate rondgeswaai om hul misnoeë uit te spreek. Op een van die plakkate staan “Ons is siek en sat vir swak dienslewering”.

Intussen het die munisipaliteit bekend gemaak dat sy burgemeester, Poppy Mangongwa en twee ander beamptes, Dinsdag bedank het. Die ander twee beamptes is Solly Malete, die hoofsweep, en Buti Makhongela, die speaker.

Die nuwe burgemeester is Matshidiso Mangoathe, die nuwe hoofsweep is Simon Klass en die nuwe speaker is Douglas Maimane. Die nuwe burgemeester het Woensdag teen 11:45 die groep betogers se memorandum aanvaar. Die inwoners het aangedring dat daar binne 14 dae aan hul eise aandag gegee word.

Vier mense is verlede week in Mothutlung, naby Brits, dood nadat hulle oor skoon water betoog het. Mothutlung word deur die Madibeng-munisipaliteit beheer. Teen Sondag is watertoevoer na die meeste gebiede in Mothutlung herstel.

Lees ook:
Mothutlung-betogings eis vierde slagoffer
Burgemeesterslid by Brits-gedenkdiens aangeval
Sekere dele van Mothutlung steeds sonder water
Watertoevoer in Mothutlung herstel
Brits-betoging: 14 in die hof
Brits-betoging eis nog ‘n lewe
Regering en Malema beloof hulp aan Brits-inwoners
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.