Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani

Shrien en Anni Dewani

‘n Senior parlementêre figuur in Brittanje beweer hy was by gay sekssessies betrokke met die Britse sakeman Shrien Dewani.

Die 53-jarige politieke raadgewer is die tweede man om te beweer dat hy ʼn seksuele verhouding met Dewani gehad het. The Daily Star berig dat hy en Dewani glo tussen 2003 en 2008 verskeie kere seks gehad het by ʼn gayklub in Londen. Die man het glo besluit om nou na vore te kom nadat Dewani onlangs ontken het dat hy gay is. In Desember 2010 het ʼn 39-jarige Duitse prostituut beweer hy het drie keer teen betaling met Dewani seks gehad. Brittanje se hooggeregshof het Vrydag beslis dat Dewani se uitlewering aan Suid-Afrika uitgestel moet word totdat sy geestestoestand verbeter. Dewani word geïmpliseer in die moord op sy vrou Anni (28) terwyl die paartjie in November 2010 op hul wittebrood in Suid-Afrika was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.