Nóg drie sterf op Gautengse paaie

Argieffoto: Netcare911

Drie mense is dood en drie is in ʼn kritieke toestand nadat twee voertuie op die R25-pad naby Bronkhorstspruit reg van voor teen mekaar gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê van die oorlewendes was nog in die voertuie vasgekeer toe paramedici by die toneel aangekom het. “Al twee voertuie is erg beskadig tydens die botsing en stukke van die wrakke is oor ʼn groot gebied versprei,” het Botha gesê

Netcare 911 se helikopter is ontbied om een van die kritiek-beseerde pasiënte na ʼn hospitaal te neem. Die ander twee is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na die hospitaal geneem.

Maroela Media het vroeër vandag berig drie mense is dood en 12 beseer nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi in Vereeniging in Gauteng gebots het. Die ongeluk het op die Ou Johannesburgpad in Roshnee plaasgevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.