Nkululeko Mvumvu (26) is Dinsdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Johannes (70) en Cecilia (73) Fourie van Trompsburg.
Regter Albert Kruger het Mvumvu skuldig bevind nadat die staat kon bewys dat hy aan talle van die bewyse verbind kan word, selfs al is sy vingerafdrukke nie op die toneel gevind nie.
Kruger het ʼn plaaswerker, Phineas Mothibi (29), vrygespreek op al die aanklagte teen hom.
Maroela Media het vroeër berig die egpaar is verlede jaar op 9 September met ʼn byl en ʼn graaf in hul kombuis aangeval en geskiet. Hulle is in hul huis ingewag nadat hulle by hul kinders in die dorp gaan braai het. Drie verdagtes is ná die voorval in hegtenis geneem.
Moeketsi Hlaasa (27) is op 29 April skuldig bevind aan die moord op die egpaar nadat hy in die hof skuldig gepleit het. Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Lees ook:
Man skuldig bevind aan Trompsburg-plaasmoord
Drie in hof oor Trompsburg-plaasmoord
Drie vas na moord op bejaarde egpaar
“Geliefde” boer en vrou vermoor