Nog ‘n walvis strand

Gestrande walvisse by Noordhoek in Kaapstad Foto: NSRI

Nog een van die vyf walvisse wat Sondag gered is, het gestrand.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Dinsdag gesê die vierde walvis het naby Valsbaai uitgespoel en moes uitgesit word. “Dit wil voorkom of die vyfde walvis nog in die see is,” het hy gesê. The Star berig egter daar is gerugte dat die vyfde walvis glo ook uitgespoel het en ook uitgesit moes word.

Maroela Media het vroeër berig vyf van die 19 walvisse wat by Noordhoek in Kaapstad gestrand het, is Sondagmiddag in die see vrygelaat. Die vyf loodswalvisse is op sleepwaentjies van Noordhoek na Simonstad se vlootbasis geneem waar hulle in die see gelaat is. Lambinon sê nege van die ander walvisse moes uitgesit word, en vyf het natuurlik gesterf. Die 19 volwasse walvisse het Sondagoggend gestrand.

Lees ook:
Slegs twee gestrande walvisse nog lewend
Slegs 5 van die 19 gestrande walvisse gered
Foto’s: 19 walvisse strand in Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.