Nog geen einde aan busstaking nie

Argieffoto

Taxi-dienste is onder erge druk vandat busbestuurders landswyd sedert Vrydag begin staak het.

Duisende pendelaars moet steeds van alternatiewe vervoer gebruik maak om by hul werkgewers uit te kom.

Lede van vervoerwerkersvakbond Satawu en geaffilieerde vakbonde het Vrydag ophou werk nadat salaris-onderhandelings vasgeval het. Meer vakbonde het sedert Vrydag by die staking aangesluit en langafstandbusdienste, waaronder Springbok Atlas, Greyhound en Citiliner, word van Woensdag af by die staking betrek. Intercape word nie geraak nie.

Die betrokke unies, vakbonde en werkgewers gaan Woensdag besprekings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) voortsit. Volgens Satawu sal die staking voortduur totdat daar aan hul eise vir ‘n 18% verhoging voldoen word. Werkgewers bied tans ʼn 6.5% verhoging aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.