Nog geen einde aan petroljoggiestaking

petrolpompʼn Staking deur Numsa-petroljoggies en werkers van die motorbedryf duur voort nadat onderhandelinge tussen die vakbond en werkgewers vasgeval het.

Jakkie Olivier, ʼn woordvoerder van die Retail Motor Industry, het Vrydag gesê daar is “geringe” vordering gemaak sedert Donderdagaand se onderhandelinge.

Hy het gesê verskeie voorstelle is gemaak en bespreek, maar sekere kernkwessies bly onopgelos. Dié kernkwessies het ernstige finansiële implikasies vir werkgewers, aangesien dit hul werkers se koste vir die maatskappy beïnvloed. Olivier het voorheen ʼn vergelyking van so ʼn kwessie gemaak waar werkers aandring op minder werksure, van 45 ure per week na 40 ure per week, sonder ‘n verlaging in hul vergoeding.

Olivier het gesê die vakbonde se benadering dat “een skoen almal pas” onmoontlik is. Die staking het op 9 September begin. Numsa eis onder andere ‘n dubbelsyfer loonverhoging vir sy lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Simon

In Europa (en seker elders) gooi jy self brandstof in, hoe nodig is petrol joggies regtig?

Waarom

Lyk my die kommentaar staking van Maroela duur ook voort. Ons sal nie toegee nie Maroela, kry julle beleid reg en laat ons weet.
Moet julle ook nie blindstaar aan die hoeveelheid besoeke aan julle web tuiste nie. Baie van ons kom loer net so af en toe in om te sien of enige kommentaar gelewer word.

H J Bester

Die ganse saak van stakings in Suid-Afrika het in ‘n totale klug ontaard vanweë die Owerheid se lompe hantering daarvan – wetstoepassing vind geensins plaas nie en word vandalisme en geweld gepleeg sonder enige optrede. Daar het eenvoudig ‘n klimaat, geskep deur die Owerheid, ontstaan dat stakings enige wending, ookal geweld, kan neem en dis maar in orde. In die geval van die petroljoggies wat staak, kan vulstasies vele gewilliges kry om die werk te doen maar vind intimidasie openlik plaas – weereens sonder Owerheidsoptrede. Blykbaar mag daar ook nie andere in diens geneem word terwyl die joggies staak nie… Lees meer »

bileam se donkie

Hierdie is die ideale geleentheid om self bediening in te stel, komaan motorhawe eienaars,sit groot baniere op,”SELF BEDIENING 10c n liter afslag op pompprys” jou verkope gaan die hoogte inskiet

InaT

Ek het verstaan dat mens nie in SA self mag petrol ingooi nie. Ek mag verkeerd wees. Wat ek wel weet is dat my arme Tannie (wat ‘n klein vulstasie bestuur) nou daagliks moet petrol pomp, en sy moet die winkel hanteer (winkel se mense staak ook) EN nog haar admin en ander kantoorwerk moet doen. Sy’t 1 dame wat till slaan, en as die horlosie sê dis 5-uur, dan klok madam uit en moet my Tannie alleen verder aansukkel totdat die pompe en winkel sluit. Haar mense wat WIL werk is deur die grootter tak gevra om eerder daar… Lees meer »