Nog hael dalk op pad

Dié reuse haelkorrels het Donderdag in Krugersdorp geval. Foto: Gavin Carter / iWitness

Dié reuse haelkorrels het Donderdag in Krugersdorp geval. Foto: Gavin Carter / iWitness

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gewaarsku dat daar ʼn hoë risiko is vir swaar donderbuie en hael. Swaar donderbuie en hael het Donderdag verwoesting gesaai oor groot dele van Gauteng, Mpumalanga en noordelike dele van die Vrystaat.

Die weerdiens het inwoners gewaarsku om gereed te wees vir donderstorms met die moontlikheid van hael in Mpumalanga, Vrystaat, Gauteng en KwaZulu-Natal.

Maroela Media het vroeër berig haelkorrels so groot soos albasters, gholf- en tennisballe het in verskeie dele van Gauteng geval. Volgens berigte is huise en motors se ruite stukkend geslaan en is bome ontwortel. Kitsvloede het ook oor groot dele van die provinsie voorgekom.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburgse-nooddienste, het gesê talle huise in Benoni, Dobsonville, Braamfischerville, Emdeni en Kliptown in Soweto het onder die vloedwater deurgeloop. Talle huise se dakke is ook afgewaai.

Die vliegtuig by die Lanseria-lughawe. Foto: ER24

Die vliegtuig by die Lanseria-lughawe. Foto: ER24

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê hulle het nagenoeg 2 500 oproepe ontvang. Hy sê talle plakkershutte in informele nedersettings se dakke het afgewaai. In die noorde van Pretoria is bome ontwortel en is groot dele sonder krag gelaat. Centurion en die ooste van Pretoria het die ergste haelskade gely.

Antoinette Mostert, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metro, het Vrydag aan Maroela Media gesê die noordelike voorstede wat weens die storm sonder kragtoevoer gelaat is, was weens ʼn fout by die Wolmer-substasie. Kragtoevoer was teen 11:00 na die meeste gebiede herstel. Drie woonbuurte, Theresapark, Wolmer en Klerksoord, kan dalk egter nog drie dae sonder kragtoevoer wees omdat vyf torings by die substasie vervang moet word.

By die Lanseria-lughawe het wind veroorsaak dat ʼn stilstaande vliegtuig opgelig en met sy stert op die grond tot stilstand gekom het.

Stormwolke wat Vrydag in Mpumalanga naby Secunda geneem is. Foto: Gavin Gertzen

Stormwolke wat Vrydag in Mpumalanga naby Secunda geneem is. Foto: Gavin Gertzen

Buiten donderbuie wat in die bogenoemde provinsies verwag kan word, het die weerdiens gewaarsku dat daar ʼn groot kans vir brandgevaar in die Noord-Kaap, sowel as in die sentrale Karoo bestaan.

Die weervoorspelling vir Vrydag

Die weervoorspelling vir Vrydag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jasper ·

Dit is n wêredwye tendens. Voedselvoorsiening gaan al hoe moeiliker raak. Hongersnood, rampe, oorloë en pessiektes is tekens van die tye en moet eers gebeur voordat ander proffesië in vervulling kan kom.

peter Says ·

AmY, Ons sal aan dit gewoond moet raak, tornados en erge weertoestande is ons voorland.

Gawie ·

Die mens staan magteloos teen die elemente van die natuur.
Aardverwarming glo ook het ‘n groot aandeel aan hierdie soort van ongewone weerstoestande in die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.