Nóg haelskade in Johannesburg

Dié foto van groot haelkorrels is Saterdag, 27 Oktober, deur die gebruiker @zee_23 op Twitter gelaai.

Swaar reënval, vloede en haelskade is Saterdagaand regoor Johannesburg beleef.

Die New Canada-brug het oorspoel en haelskade is by Eastgate Mall aangemeld, het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste gesê. Die situasie word tans deur nooddienspersoneel en rampbestuurbeamptes gemonitor. Johannesburg het verlede Saterdag, 20 Oktober, ook swaar reën en haelskade beleef. Haelkorrels so groot soos gholfballe het erge skade aan voertuie aangerig. Klik hier om meer te lees en foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.