Nóg juwele in Frankryk gesteel

Die uitgebrande motor voor die Casty-winkel ná die rooftog

Die uitgebrande motor voor die Casty-winkel ná die rooftog

Vier mans het Maandag met hul motor deur die venster van ʼn juwelierswarewinkel in Parys, Frankryk gejaag en met juwele ter waarde van €2 miljoen (sowat R26 miljoen) gevlug.

Dié rooftog naby die Place Vendome is die jongste voorval na ‘n reeks hoëprofiel-rooftogte in Cannes.

ʼn Bron van die polisie, wat anoniem wou bly, het gesê die mans het in die vroeë oggendure met ʼn groot vierwielaangedrewe voertuig in die winkel in gery, die juwele en luukse horlosies gegryp en weggejaag. Hulle het die oorspronklike voertuig aan die brand gesteek en met ʼn ander voertuig gevlug.

Beamptes van die forensiese eenheid ondersoek tans die toneel by die Casty-winkel in Rûe de Castiglione, die tuiste van talle juwelierswarewinkels.

ʼn Gewapende man het aan die einde van Julie helder oordag ʼn diamant-uitstalling by die Carlton-hotel in Cannes van juwele ter waarde van €103 miljoen (sowat R1.3 miljard) gebuit. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.