Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gewaarsku dat kouefronte tot die naweek toe oor die land sal beweeg. Die kouefronte sal gepaard gaan met swaar reën, oorstromings en sneeu. Die weerdiens het ook gewaarsku dat temperature Saterdag regoor die land gaan daal maar van Maandag af na verwagting weer sal herstel.
Intussen berig RSG dat sneeu op Sir Lowry’s-pas buite Kaapstad begin val het en owerhede het motoriste gewaarsku om versigtig te ry omdat die pad baie glad is.
Agge nee, my kinders moet vandag oor Sir Lowry’s Pas. Mag die Here hulle beskerm.
Ek het dit verwag. Al eerder. September gaan nie verby sonder dat ons weer koue gekry het nie. Hierdie jaar is dit net bietjie later.
Lekker om die kaggel,en n goeie glasie rooiwyn.Oor twee weke van nou gaan die kraaie gaap in die Kaap.My hart gaan egter uit aan die wat geen heenkome het nie.
Vas Vat: Ek hou meer van ‘n glasie ” goeie rooiwyn”, as van ‘n ” goeie glasie” rooiwyn! Sommer ‘n lekker taalknopertjie. Groetnis.
Hennie,hoe ookal,dit bly lekker.Mooi dag daar.