Nog mynwerkers staak

Mynwerkers van Royal Bafokeng. Foto: EWN

ʼn Groep mynwerkers van Royal Bafokeng Platinum se  Rasimone-myn, naby Rustenburg in Noordwes, het Woensdag ook begin staak om groter salarisse te eis. Teen 12:00 het sowat 1 000 werkers buite die hoofingang van die myn se skag saamgetrek, berig RSG.

Stakende werkers het glo hul lidmaatskap by die National Union of Mineworkers opgesê om direk met mynbestuurders te onderhandel. Hulle eis ‘n maandelikse salaris van R12 500. Die myn se bestuur het nog nie met die werkers onderhandel nie.

Dié staking volg kort nadat ten minste 44 mense dood en 78 beseer is sedert ʼn gewelddadige aksie by Lonmin se Marikana-myn voorverlede Vrydag begin het. President Jacob Zuma het ʼn rouperiode aangekondig wat sal strek tot 26 Augustus. Gedenkdienste sal Donderdag regoor die land gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.