Nóg ‘n bedanking by maatskappy wat e-tol invorder

Argieffoto

Argieffoto

Ben Theron, die bedryfshoof van die maatskappy wat e-tol in Gauteng moet invorder, het bedank.

“ETC het ons in kennis gestel van Theron se bedanking,” het Vusi Mona, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in ʼn e-pos gesê.

Anne Mardon, woordvoerder vir Electronic Toll Collection (ETC), het Vrydag gesê hy het om persoonlike redes bedank. Sy sê Theron het in 2010 by ETC aangesluit en was instrumenteel om die bedryfskant van die maatskappy te vestig.

Mark Ridgway, wat al van 2009 by die projek betrokke is, sal Theron se pos vul.

Salahdin Yacoubi, die voormalige hoof van ETC het op 1 November 2013 bedank.

E-tol het op 3 Desember in Gauteng in werking getree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul Smith ·

Wanneer die rotte begin afklim dan is die tekens duidelik sigbaar dat die skip besig is om te sink. Zuma sal maar moet onderwater gaan en die skip op sy skouers probeer regop hou.

Eben ·

Ben vertel ons bietjie die waarheid wat agter die skerms aangaan. Ons sal dan weet of die skip sink….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.