Nóg ‘n bloulig-bestuurder in die sop

Die bestuurder van Sasolburg se burgemeester is in hegtenis geneem nadat hy glo teen 235km/h op die N1 met die amptelike voertuig gejaag het.

Elliot Sefatsana, ʼn voormalige verkeersbeampte, het naby die Verkeerdevlei-tolplaza gejaag toe verkeersbeamptes van die Vrystaat hom afgetrek het, berig Volksblad. Sefatsana het boonop die voertuig se blou ligte aangeskakel en aanhou jaag toe die verkeersbeamptes hom wou aftrek. Hy is uiteindelik 30 kilometer verder vasgetrek.

Sefatsana het gesê Brutus Mahlaku, die burgemeester, is glo laat vir ʼn afspraak met Ace Magashule, die premier van die Vrystaat. Hy is in hegtenis geneem en op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Gino Alberts, woordvoerder vir die munisipaliteit, het bevestig dat die burgemeester wel ʼn vergadering met die premier gehad het.

Sefatsana sal na verwagting op 28 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.