In nog ’n bootramp aan die Italiaanse kus, die keer naby die eiland van Lampedusa, is minstens 94 mense dood terwyl nóg 200 vermis word.
Die Italiaanse kuswag het vandag gesê die skip wat naby die eiland gestrand en omgeslaan het, het honderde onwettige immigrante van Afrika, wat na Europa oppad was, vervoer. Die liggame van 94 passasiers is reeds gevind.
Die dodetal van dié bootramp sal na verwagting skerp styg namate nog van die vermisde passasiers se liggame gevind word.
Die Costa Concordia, ’n luukse passasierskip, het verlede jaar ook aan die Italiaanse kus gestrand en omgeslaan en is onlangs weer vlot gemaak.
Agge nee!!! Dis voorwaar slegte nuus