Nog ’n boot strand in Italië

lampedusa_italieIn nog ’n bootramp aan die Italiaanse kus, die keer naby die eiland van Lampedusa, is minstens 94 mense dood terwyl nóg 200 vermis word.

Die Italiaanse kuswag het vandag gesê die skip wat naby die eiland gestrand en omgeslaan het, het honderde onwettige immigrante van Afrika, wat na Europa oppad was, vervoer. Die liggame van 94 passasiers is reeds gevind.

Die dodetal van dié bootramp sal na verwagting skerp styg namate nog van die vermisde passasiers se liggame gevind word.

Die Costa Concordia, ’n luukse passasierskip, het verlede jaar ook aan die Italiaanse kus gestrand en omgeslaan en is onlangs weer vlot gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.