Nog ʼn borgtog-aansoek van Jub Jub misluk

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye is ʼn vlugrisiko en borgtog gaan nie toegestaan word nie, het die hooggeregshof in Johannesburg Donderdag beslis.

“Ek is oortuig dat die landdros sy pligte reg uitgeoefen het en reg beslis het. Die aansoek om borgtog toe te staan word van die hand gewys,” het regter Natvarlal Ranchod gesê.

Maarohanye het die hof gevra om op borgtog vrygelaat te word hangende die uitkoms van sy aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding aan moord en sy gevolglike vonnis. Maarohanye was nie in die hof vir die aansoek nie.

Donderdag se uitspraak volg op ʼn vorige onsuksesvolle borgtog-aansoek in die Protea-landdroshof in September.

Phindi Louw, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het na die uitspraak gesê die staat is tevrede met die uitslag en is voorbereid vir die eersdaagse appèlaansoek.

Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, is in Desember verlede jaar tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord. Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart, 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord vasgery terwyl hulle onder die invloed van dwelms resies gejaag en vier skoolseuns se dood veroorsaak het.

Lees ook:
Jub Jub kry nie borg
Jub Jub vra borg
Valke-woordvoerder gepos
Jub Jub, Tshabalala gevonnis
Jub Jub se vonnisoplegging uitgestel
Valke-woordvoerder geskors ‘ná twiet’
Nando’s spot met Valke-woordvoerder se Vaseline-tweet
Valke-woordvoerder jammer oor Vaseline-twiet
Nuuskommentaar: Jub Jub – moord en opset
Sanger skuldig aan moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Tot n ster kan val ne Jub, Jub, verstaan tog, almal is nie verhewe bo die reg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.