Nog ʼn daling in brandstofprys verwag

petrol daalʼn Bietjie goeie nuus wag op motoriste met ʼn daling wat in die brandstofprys vir November voorspel word.

Petrolpryse kan op 6 November moontlik met sowat 33c daal, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 22c kan daal.

“Die ietwat sterker rand en dalende internasionale petroleumprodukpryse sal die hoofoorsake van so ʼn daling wees, maar daar is ook ʼn goeie kans dat die leiheffing wat tans op sowat 15c staan, met ʼn paar sent kan daal in November,” het Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Daar is egter ook ʼn moontlikheid dat die departement van energie kan besluit om die groothandelswinsmarge op petrol en diesel in November te laat styg, wat ʼn daling in die prys sal inperk.”

Ten spyte van die verwagte dalings vir November, sal 93-oktaan petrol in Gauteng sowat R12,75 kos en diesel se groothandelprys in Gauteng sal sowat R12,38 wees. Hierdie pryse is albei steeds naby aan die historiese nominale hoogtepunte wat onderskeidelik in Augustus en September bereik is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yolande ·

Dit sal wonderlik wees! Maar hoekom is die petrol pryse nie dieselfde by alle pomp stasies nie? Ek bly in Ladysmith,KZN. By party stasies verskil dit partykeer tot 14c!

Kabous ·

Darem so bietjie goeie nuus in hierdie “Misdaad Vrye” land van ons!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.