Nog ʼn dwelmmuil aangekeer

ʼn Vermeende dwelmmuil is Woensdagaand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Volgens adjudant-offisier November Filander, is ʼn 40-jarige man Woensdagaand in hegtenis geneem nadat 99 pakkies khat, met ʼn straatwaarde van nagenoeg R80 000, in sy besit gevind is.

“Die man van Somalië was op ʼn vlug van Johannesburg na Kaapstad onderweg toe die dwelms in sy bagasie opgespoor is. Khat is ʼn plant wat ʼn gevoel van euforie en opgewondenheid veroorsaak wanneer dit gekou word,” het hy gesê.

Die man sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ʼn 48-jarige vrou is Sondag met 10,5kg tik in haar besit by dieselfde lughawe vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.