Nóg ‘n e-tol-skok

Gautengse motoriste wat nie vir e-skyfies registreer nie sal nagenoeg ses keer meer betaal as diegene wat wel die skyfies aanskaf om op die provinsie se hoofweë te ry.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê in ʼn verklaring dat motoriste wat nie registreer, of wat nie ʼn geldige en werkende e-skyfie besit en wat nie binne sewe dae betaal nie, ʼn aansienlike hoër fooi sal betaal. Sanral sê as gevolg van kostes wat verband hou met die verhaling van betalings, insluitend fakturering en skuldinvordering, sal motoriste sonder e-skyfies R1,75c/km betaal in plaas van die 30c/km wat geregistreerde gebruikers sal moet opdok. Daar is vroeër gesê dat motoriste wat nie e-skyfies het nie 58c/km sou betaal. Die organisasie, Justice Project SA, het die naweek uitgevaar teen Sanral weens sy “intimidering” van motoriste om ʼn e-skyfie aan te skaf. “Net toe ons gedink het hulle kan nie meer onderduims wees nie, verbaas hulle ons almal … Dit is nou, meer as ooit tevore, tyd vir Gauteng motoriste om vas te staan en te weier om geïntimideer te word deur die boelies.” Die organisasie sê hy hoop dat die howe ʼn einde sal bring aan die “dreigende ramp”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.