Nog ʼn Europese prins in ski-ongeluk beseer

Prins Laurent. Foto: ANP

Prins Laurent, broer van die Belgiese vors, is ernstig beseer tydens ʼn ski-ongeluk in Oostenryk, berig die koerant Trouw.

Prins Laurent word in ʼn kliniek in Innsbruck behandel. Hoewel hy ernstig beseer is, was ʼn operasie nog nie nodig nie.

Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

Dit is slegs enkele dae na die eerste herdenking van die ski-ongeluk waarin Nederland se prins Friso tydens ʼn ski-ongeluk ʼn jaar gelede in ʼn koma verval het.

Laurent is ʼn omstrede figuur wat al die leviete voorgelees is oor ʼn leefstyl wat as “onvanpas” van ʼn Belgiese koninklike beskryf word. Veral sy uitspattige leefstyl op staatskoste is al aangespreek.

Laurent word ook as gereelde gas van die hotel in Switserland beskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.