Nóg ʼn fietsryer raakgery

ʼn 22-jarige fietsryer is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy deur ʼn motor omgery is in Richardsbaai in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die vrou het saam met ʼn groep fietsryers gery toe die ongeluk Saterdagmiddag plaasgevind het. “ʼn Voertuig het om ʼn draai gekom en in die fietsryers ingeploeg, oor haar fiets gery en teen ʼn lamppaal gebots.” Botha sê die vrou is van haar fiets af geslinger en het meters ver van waar sy gestamp is gelê. Sy is na die Netcare Bay-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die bestuurder van die voertuig is deur die polisie ingeneem vir ondervraging. ʼn Vroulike passasier in die motor het ernstige beserings opgedoen en is ook na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die bergfietsrykampioen Burry Stander is Donderdagmiddag dood nadat hy deur ʼn taxi raakgery is tydens ‘n oefenrit in Shelley Beach aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.