Nóg ‘n grusame vonds in Cleveland, Ohio

Die motorhuis in Cleveland, Ohio, waar een van die vroue se liggame opgespoor is

Die liggame van drie vroue, wat in plastieksakke toegedraai is, is in Cleveland, Ohio, opgepoor.

ʼn Verdagte is reeds in verband met die moorde in hegtenis geneem.

“Die eerste liggaam is Vrydag in ʼn motorhuis opgespoor nadat die polisie ʼn oproep oor ʼn onwelriekende reuk ontvang het,” het speurdersersant Scott Gardner, gesê. “Die ander twee lyke is Saterdag opgespoor. Een is in ʼn verlate huis gevind. Die derde liggaam is naby die eerste lyk aangetref.” Al drie liggame is dié van jong, swart vroue.

“Die soektog na moontlik nog slagoffers duur voort,” het Gardner gesê.

Michael Madison (35), is by sy ma se huis in hegtenis geneem. Ondersoekbeamptes het glo “bykomende bewyse” by sy woonstel opgespoor.

Burgemeester Gary Norton het aan CNN gesê Madison is glo geïnspireer deur Anthony Sowell was in 2011 skuldig bevind is aan die moord op 11 vroue nadat hy hulle oorskot by sy huis in Cleveland begrawe het. Sowell, die sogenaamde “Cleveland Strangler”, is ter dood veroordeel en word tans in ʼn gevangenis in Ohio aangehou.

Norton het ook gesê Madison is ʼn geregistreerde seksoortreder wat vantevore ook gevangenisstraf uitgedien het.

Die plaaslike lykskouer het nog nie die name van die slagoffers bekend gemaak nie, alhoewel beamptes glo hulle is die afgelope 10 dae oorlede.

Madison het glo daarop gesinspeel dat daar nog lyke in die omgewing kan wees. FBI-beamptes, kriminele ondersoekbeamptes van Ohio en polisiebeamptes het met snuffelhonde verlate huise deursoek op soek na die oorskot van nóg slagoffers.

Ariel Castro (52) is in Mei 2013 in hegtenis geneem nadat hy glo drie vroue vir 10 jaar lank in sy huis in Cleveland, Ohio, aangehou het. Die saak het aan die lig gekom nadat een van die slagoffers, Amanda Berry (27) op 6 Mei uit die huis kon vlug en ʼn buurman se hulp ontbied het.

Lees ook:
Video: Cleveland se ontvoerde vroue bedank die publiek
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
Vyf miskrame vir ontvoerde vrou
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Video: Vroue 10 jaar ná ontvoering gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.