Nóg ‘n kind in Diepsloot verkrag

diepslootNóg ʼn driejarige meisie van Diepsloot, noord van Johannesburg, is oor die naweek verkrag nadat die gebied die afgelope ruk deur soortgelyke voorvalle geteister is.

Volgens die polisie het die ma van die dogtertjie haar Vrydagaand in die sorg van haar oom gelos. Die ma het die volgende dag onraad vermoed toe sy haar kind gebad het en gesien het dat sy in pyn verkeer. Sy het ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak en die oom is in hegtenis geneem.

Vyf mans het Donderdag in die hof verskyn in verband met die moord, verkragting, en die ontvoering van Yonelisa Mali (2) en haar niggie, Zandile (3), wie se liggame op 15 Oktober in ʼn publieke toilethokkie gevind is.
Intussen is die polisie ook op soek na ʼn ma wat haar baba se liggaam oor die naweek in ʼn stroom in Diepsloot gegooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.