Nóg ‘n koue naweek vir Wes-Kaap voorspel

Die Wes-Kaap kan die naweek nog koue en nat weer te wagte wees, het die Suid-Afrikaanse Weerburo Vrydag gewaarsku.

Inwoners sal egter nie aan erge weerstoestande blootgestel wees nie. Groot dele van die Wes-Kaap het swaar reën- en sneeuneerslae verlede naweek beleef. Beamptes was verplig om paaie en bergpasse te versper en die leër is uiteindelik ontplooi om met reddingspogings by te staan. “Ons verwag nog ‘n koue front teen Saterdag wat meer reën in die Wes-Kaap kan veroorsaak. Dit behoort teen Sondag op te klaar, maar die koue toestande sal voortduur,” het Henning Grobler, meteoroloog, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.