Nog ‘n leerling geskors na aanval op onnie

Foto: Youtube

Foto: Youtube

ʼn Leerling van die Glenvista High School in Johannesburg wat ʼn video geneem het van sy klasmaat terwyl laasgenoemde ʼn onderwyser aangeval het, is geskors.

Michael Etti, woordvoerder van die skool se beheerliggaam, sê die leerling sal Dinsdag voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn. Etti sê ʼn verdere 13 leerlinge sal vandag of Donderdag geskors word nadat hulle op kringtelevisiekameras uitgewys is vir hul verkeerde optrede. Hy sê hulle sal volgende Vrydag en die opvolgende Maandag voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn. Die skorsings volg nadat ʼn gr. 8-leerling ʼn onderwyser onder meer met ʼn besem aangeval het. ʼn Selfoonvideo is van die voorval gemaak en op die video kan daar gehoor word hoe die leerling deur sy klasmaats aangemoedig word terwyl hy die onderwyser aanval. Die leerling wat die onderwyser aangeval het, is ook vroeër geskors.

Klik hier om ‘n video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amy ·

Dis reg so!!! Maak voorbeelde van die uitvaagsels. Sulke gedrag mag nie in skole geduld word nie.

wragtig ·

Amy as dit my kind was het hulle hom nie geskors nie want ek het hom reguit hospitaal toe gebl@@sem. Ek het 4 groot seuns en jy kan hulle enige tyd deur n ring trek want ek het hulle reg grootgemaak.

Vas Vat ·

Lyfstraf is mos afgeskaf deur die owerhede, nou is dit omgekeerde lyfstraf. Voor 1994 het ons die beste opvoeding stelsel in die wereld gehad…BRING TERUG LYFSTRAF>

Sarie van Niekerk ·

Hulle sal voor ‘n tugverhoor verskyn en word geskors? Alles goed en wel maar die skorsing is seker net vir sewe dae dan kom die kinders maar weer terug na dieselfde skool toe. Hierdie kinders behoort nooit weer in dieselfde skool toegelaat te word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.