Nog ‘n liggaam by Lonmin gevind

ʼn Tiende liggaam is Dinsdag by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg in Noordwes gevind.

Kapt. Dennis Adriao, ʼn polisiewoordvoerder, sê die liggaam is in bosse naby die myn gevind. “Ons weet nie wie die man is of hoe hy dood is nie. Die polisie sal vir so lank as nodig in die area bly.” ʼn SAPA-verslaggewer sê die liggaam is sowat 100m van ʼn koppie gevind en het ‘n skedel van ʼn dier op sy bors gehad. Twee polisiebeamptes, twee veiligheidswagte, drie betogers en twee ander mans is reeds in die geweld dood. Stakende werkers het Dinsdagmiddag op ʼn koppie in Wonderkop, naby die myn, bymekaargekom. Die werkers dring daarop aan dat hulle salarisse verhoog word tot R12 500 per maand. Die werkers beweer hulle verdien tans R4 000 per maand. “Ons soek geld. Ons het kinders om voor te sorg,” het Alfred Makhaya van die Oos-Kaap gesê. Hy sê indien hy nie R12 500 per maand verdien nie sal sy kinders “diewe word” aangesien hy nie vir hulle onderrig kan betaal nie. Volgens berigte was daar meer as 500 mans op die koppie en was hulle met knopkieries en ysterstawe gewapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.