Nóg ‘n lyk in Apiesrivier gevind

Die ontbinde liggaam van ʼn man is Dinsdagmiddag in die Apiesrivier in Pretoria-Wes gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Bonginkosi Msimang, sê die liggaam is vroeër vandag deur skoonmakers gevind. Hy sê die man is reeds ʼn geruime tyd dood en dat dit moeilik is om sy ouderdom en ras te bepaal. Msimang sê die oorsaak van dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Msimang sê in die stadium is dit nog nie duidelik of daar ʼn verband is tussen dié ontdekking en die van twee tieners se lyke wat Sondag in die Apiesrivier gevind is nie. Die polisie ondersoek ʼn dubbele moord na die lyke van ʼn meisie (15) en ʼn seun (16) Sondag op die wal van die Apiesrivier langs D.F. Malan­rylaan in Pretoria gevind is. Albei se hande en voete was vasgemaak en hulle het verskeie steekwonde opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sune van Heerden ·

Dagsê Spek,

Ons is jammer dat jy moet sukkel om kommentaar te lewer of om iets te deel! Dit is egter ‘n funksionaliteit wat Facebook self installeer het, en ons kan dit glad nie aan ons kant verander nie. Hulle noem dié kodes “captchas”, en dit is wat Facebook daaroor te sê het: http://www.allfacebook.com/facebook-users-getting-annoyed-with-captchas-2009-04

Ons hoop jy sal geduldig aanhou probeer, jou mening en deelname is vir ons belangrik!

Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.