Nog ʼn man is Woensdag in Johannesburg gekaap nadat mans hulle as metropolisiebeamptes voorgedoen het. Dit is die tweede voorval dié week.
Superintendent Edna Mamonyane, ʼn metropolisiewoordvoerder, sê drie gewapende mans in metropolisie-uniforms, het die slagoffer se wit Toyota Quantum naby Midrand van die pad af getrek. Die verdagtes het in ʼn silwer VW Polo gery. Van die verdagtes het saam met die slagoffer in sy voertuig geklim, hom in Eldoradopark afgelaai en met sy voertuig weggejaag.
Maandag is ʼn man se voertuig op die M1-deurpad tussen Marlboro- en Graystonweg gesteel nadat “beamptes” hom van die pad af getrek het. “Die slagoffer is uit sy voertuig gepluk en daar langs die pad gelos,” het Mamonyane gesê.
Nie een van die slagoffers se voertuie is nog opgespoor nie. Mamonyane maan die publiek om op te let as ʼn voertuig hulle agtervolg. “Probeer tot by jou naaste polisiestasie ry as jy iets verdags vermoed.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wat van versium om te stop,nadat n polisiebeampte jou opdrag gegee het om stil te hou en jy versuim,,,,jy ry aan………………..na die naaste polisie stasie………hulle se jy het weg gejaag,,en skiet op jou,,,,,,rand jou aan,hulle se jy verset jou teen arrstasie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,NIE SO MAKLIK OM TOT NAASTE POLISIESTASIE TERY,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,METRO POLISIE MOET IETS BETERT UITDINK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!