Nog ʼn man deur “metropolisie” gekaap

Nog ʼn man is Woensdag in Johannesburg gekaap nadat mans hulle as metropolisiebeamptes voorgedoen het. Dit is die tweede voorval dié week.

Superintendent Edna Mamonyane, ʼn metropolisiewoordvoerder, sê drie gewapende mans in metropolisie-uniforms, het die slagoffer se wit Toyota Quantum naby Midrand van die pad af getrek. Die verdagtes het in ʼn silwer VW Polo gery. Van die verdagtes het saam met die slagoffer in sy voertuig geklim, hom in Eldoradopark afgelaai en met sy voertuig weggejaag.

Maandag is ʼn man se voertuig op die M1-deurpad tussen Marlboro- en Graystonweg gesteel nadat “beamptes” hom van die pad af getrek het. “Die slagoffer is uit sy voertuig gepluk en daar langs die pad gelos,” het Mamonyane gesê.

Nie een van die slagoffers se voertuie is nog opgespoor nie. Mamonyane maan die publiek om op te let as ʼn voertuig hulle agtervolg. “Probeer tot by jou naaste polisiestasie ry as jy iets verdags vermoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

Wat van versium om te stop,nadat n polisiebeampte jou opdrag gegee het om stil te hou en jy versuim,,,,jy ry aan………………..na die naaste polisie stasie………hulle se jy het weg gejaag,,en skiet op jou,,,,,,rand jou aan,hulle se jy verset jou teen arrstasie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,NIE SO MAKLIK OM TOT NAASTE POLISIESTASIE TERY,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,METRO POLISIE MOET IETS BETERT UITDINK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Brenda ·

Ja nee wragtig! In SA is die korrupte metropolisie, staatsdienswerkers en alle ander “land-” misdadigers se brood aan alle kante gebotter!

Stop jy, word jy aangerand, in ‘n vangwa gegooi en verbaal aangerand en beledig. Is jou kinders by jou word hulle saam met jou in ‘n tronksel opgesluit (sonder dat jy toegelaat word om ‘n oproep te maak) of, soos in vorige gevalle, word jy in die vangwa gegooi en na die selle geneem en jou kind/ers (jonger as 4 jaar oud in van die gevalle) net daar, sonder enige verweer, in jou motor gelos, in hul babastoeltjies, op ‘n nasionale hoofpad in ons land. Ry jy aan (soos bv na die naaste polisiestasie) word op jou geskiet en jy gearresteer vir dwarsboming van die gereg.

Brand vandalistiese betogers jou wingerde en landerye en werkershuise af en bedreig jou en jou werkers se lewens en eiendom en jy skiet waarskuwingskote, word jy summier gearessteer. Kom jy ooreen om jou werkers hoer lone te betaal en jou tevrede werkers wil terugkeer na hul werk, word hulle geintimedeer en aangerand. As jy as boer dreig om te meganiseer en werkers te verminder, sodat jy einde ten laaste finansieel kan oorleef, word jy as ‘n hartelose rassis uitgekruit.

Le jy, sterwend aan kanker, in ‘n nasionale/ staats hospitaal help ‘n vroulike verpeegster ‘n manlike verpeer om jou te verkrag, terwyl sy jou mond toedruk. Na die tyd word gese jy is deurmekaar van die medikasie en siekte, al word semen in jou DNA gevind.

Word jy in die middel van die nag wakker en daar staan gewapende barbare in jou huis, wat julle wil verkrag en vermoor, bewaar jou siel as jy 1 sou durf skiet/doodskiet, uit selfverdediging!! Jy (as wetsgehoorsame, belastingbetalende landsburger, wat jou en jou gesin verdedig) word summier gearessteer- hulle wou seker net kom tee drink en kuier!!!

Honderde boere word op wreedaardige maniere in hul huise gemartel en vermoor, maar nee, dit is net gewone misdade en verdien GEEN spesiale aandag nie. Dit is glad nie rassisties van aard nie, al gebeur dit NOOIT met swart boere nie. Laat mense net vaagweg daarvan praat om die regering omver te gooi, dan word hulle onmiddelik gearresteer, in maksimum sekuriteit gevangenisse aangehou en van hoogverraad aangekla.

Betaal jy ten duurste vir jou water en munisipale dienste, stroom die riool in die riviere, waaruit jou drinkwater gepomp word en borrel en vloei stinkende riool oral in jou woongebied. Hierdie is mos nou die NUWE, BEEEEETER Suid-Afrika! Dit is nuut, ja, want onder die vorige bedeling was ons nooit sulke wanbesteding, wanbestuur, korrupsie, moord, verkragting, vandalistiese betogings, uiterste miskenning van basiese menseregte en totale volksmoord van minderheidsgroepe, gewoond nie. Beter???? Ek wag al amper 20 jaar vir die beter-gedeelte, om te kom en al wat ek sien is dat my eens pratige, eerste wereldland, in ‘n stinkende, korrupte, smerige hool verander!!!

Wanneer gaan dit stop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.