Nog ʼn man vas, in hof oor “regse komplot”

Louis Lategan (31) van Aberdeen het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn komplot wat glo behels het dat hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uitgewis word.

Louis Lategan (31) van Aberdeen word aangekla van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg. Die saak is uitgestel tot 7 Februarie en Lategan bly in aanhouding. Lategan se saak sal by die van Martin Keevy, Mark Trollip, Johan Prinsloo en Hein Boonzaaier gevoeg word. Hulle is op 16 Desember in hegtenis geneem vir die beweerde komplot. Boonzaaier is verlede week op borgtog van R80 000 vrygelaat terwyl die ander drie mans borg geweier is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.