Nóg ’n man vermoor in Muldersdrift

Nóg ’n man is Saterdag in Muldersdrift aan die Wes-Rand doodgeskiet, sowat twee maande na die moorde op Alyssa Botha (13) en André Jordaan (50).

EWN berig dat Jacques Botha, sy vrou en hul driejarige kleuter deur drie mans oorval is op hul kleinhoewe in Muldersdrift. Die mans het glo op hulle losgebrand en Jacques is drie keer in die maag geskiet. Botha is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Lt. kol. Pinky Tsinyane, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en sê die polisie soek steeds na die drie mans en ondersoek ʼn saak van moord.

Alyssa, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp, is in September vanjaar op haar ouers se hoewe doodgeskiet vir haar selfoon. Haar pa en suster is ook in die aanval gewond. Sowat ʼn week later is Jordaan, wat in dieselfde straat as Alyssa en haar gesin gewoon het, sewe keer geskiet terwyl hy sy gesin van ‘n rowerbende probeer beskerm het. Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moorde op Alyssa en Jordaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.