Nog ʼn moord in Muldersdrift

Paul Schulze is Dinsdagaand in Muldersdrift tydens ʼn gewapende rooftog doodgeskiet.

Die voorval het by die Heia Safari Ranch, waar Schulze die landgoed se bestuurder was, plaasgevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die polisie vermoed dat die motief vir die aanval gewapende roof is. Die man se vuurwapen en beursie is gesteel.

Die polisie is op soek na drie verdagtes in verband met die voorval. Die polisie het ook bevestig dat nog ‘n veiligheidsbeampte Maandagaand in die gebied geskiet is.

Maroela Media het oor die afgelope tyd oor talle aanvalle in die Muldersdrift-omgewing  berig.

Lees ook:
SAPD sê Muldersdrift is “redelik stil”
Muldersdrift-misdaad eis nog ʼn lewe
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner doodgeskiet
Nóg ʼn aanval in Muldersdrift
‘Muldersdrift’-bende in die hof
Vyf vas oor gewelddadige misdade in Muldersdrift
Rowers ontvoer Muldersdrift-man
Muldersdrift-inwoners leef “in vrees”
Man vas na hoewe-aanval in Muldersdrift
Nóg ’n man vermoor in Muldersdrift
“My pa was ʼn held wat ons almal opgepas het”
Muldersdrift-slagoffer sterf
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.