Andries Johannes Bekker (29), ʼn inwoner van Muldersdrift in Gauteng, is Donderdag tydens ʼn rooftog by sy huis doodgeskiet.
Inspekteur Solomon Sibiya het gesê die man het Donderdagaand by die huis gekom en drie mans betrap wat sy vrou met ʼn vuurwapen aangehou het. “Volgens Bekker se vrou het ʼn worsteling vir die vuurwapen ontstaan en een van die rowers is geskiet. Haar man is toe twee keer in die bors geskiet,” het Sibiya gesê. Bekker het later aan sy wonde beswyk. Die rowers het van die toneel gevlug. Die vrou is ongedeerd.
Buiten dié voorval het minstens agt slagoffers die afgelope paar maande onder ernstige geweld in die omgewing deurgeloop. Lees meer hier.
– Sapa