Nog ‘n paartjie aan die Oos-Rand geskiet

ʼn Man is doodgeskiet en sy vriendin ernstig beseer tydens ʼn tweede skietvoorval die week aan die Oos-Rand.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Katlego Mogale, sê die 47-jarige man en sy vriendin het Donderdagaand in ʼn motor in Reigerpark gesit toe hulle deur ʼn wit BMW met vier insittendes genader is. “Een van die insittendes het skote gevuur na die paartjie se motor. Die man is dood en sy vriendin is ernstig beseer.” In nog ʼn voorval aan die Oos-Rand is Gavin Adams (39) Woensdag doodgeskiet en sy vrou, Leila, ernstig beseer nadat drie mans in ʼn silwer Renault op hulle geskiet het in Meadowdale. Adams het sy vrou by haar werkplek afgelaai toe die voorval plaasgevind het. Mogale wou intussen nie kommentaar lewer op berugte dat die moorde bende-verwant is nie. “Ons ondersoek steeds die onderskeie sake en dit is nog nie duidelik of die twee voorvalle met mekaar kan verbind word of bende-verwant is nie.” Adams was glo die leier van die Dogans-bende terwyl gisteraand se slagoffer glo aan die Sour Boys-bende verbind was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.