Nóg ‘n plaasaanval buite Randfontein

Venessa Stafleu by haar man, Willem Foto: Beeld

ʼn Vrou is doodgeskiet in ʼn plaasaanval buite Randfontein in Gauteng, het polisie Woensdag gesê.

Beeld berig dat me. Venessa Stafleu (34) omstreeks 20:00 op die plaas Doornfontein 2, ongeveer 25 km buite Randfontein geskiet is. Haar man, Willem, pa, mnr. Corrie Nel en broer, mnr. Corné Nel, was tydens die voorval by die melkery besig. Mnr. Nel sr. bedryf die Rusco-melkery op die naburige plaas. “Die vrou het ongelukkig op die toneel aan haar beserings beswyk. Die motief vir die moord is onbekend,” het kaptein Appel Ernst gesê.

Volgens ʼn outomatiese SMS-stelsel van Conserv-sekuriteit wat die aand van die voorval onder die boeregemeenskap versprei is, is geld en vuurwapens uit die huis gesteel. Volgens Beeld het die polisie albei plase aan weerskante van die R41-pad vir leidrade gefynkam en Ernst het bevestig die polisie se K9-eenheid is reeds dieselfde aand ontplooi om na leidrade te soek.

Die vrou se kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud wat in die huis was tydens die aanval, is erg getraumatiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SONJA HELLERLE ·

HET ONS WITMENSE NOG KANS OP OORLEWING AS DIT SO AANGAAN? DIT WORD NET AL HOE ERGER TERWYL DIE PARLEMENTS LEDE NET DAAROP UIT IS OM HULSEF TE VERRYK! DIT MAAK N MENS WOEDEND,HARTSEER,ONSEKER OOR JOU PLEK IN HIERDIE LAND EN GEEN LUS MEER VIR SUID AFRIKA NIE! ONS HET HAAR GEKEN EN SY WAS EEN VAN DAARDIE MOOI MENSE WAT DIT NIE VERDIEN HET NIE!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.