Nóg ‘n plaasaanval in Wes-Kaap

ʼn 59-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy op die plaas Blauwkrans buite Grabouw in die Wes-Kaap aangeval is.

Shirleen Booysen is Maandagaand in die plaashuis gevind met vasgemaakte hande en ʼn swart gordel om haar nek. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê Booysen het twee skietwonde opgedoen aan haar voorkop en regterarm. Sy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Filander sê die polisie het Maandagaand omstreeks 21:00 ʼn oproep oor die voorval ontvang en na die toneel gehaas. ‘n Buurman het glo die polisie geskakel nadat Booysen se dogter hom geskakel het toe sy nie haar ma in die hande kon kry nie. Filander sê die buurman het Booysen in ʼn bloeddeurdrenkte huis gevind. Hy sê daar word geld uit Booysen se handsak vermis. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en roof.

Verlede week is ʼn man en sy verloofde erg aangerand deur drie mans op hul plaas buite Malmesbury in die Wes-Kaap. Die 30-jarige man en sy 26-jarige verloofde is met ʼn byl en ʼn staalpyp aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.