Nog ‘n polisieman doodgeskiet

ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie is Donderdag in Worcester in die Wes-Kaap doodgeskiet.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê ao. Pieter Roux is kort na middernag in Russelstraat doodgeskiet. “Ons weet nog nie wat die motief was nie, maar roof word nie uitgesluit nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Intussen is ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ʼn groep gewapende mans wat Donderdagoggend vir Piet van Bekkum, ʼn Tshwane-metropolisiebeampte, by ʼn winkelsentrum in die noorde van Pretoria doodgeskiet het. Maroela Media het vroeër berig die beampte is tydens ʼn rooftog by die Wonderpark-winkelsentrum doodgeskiet ná ʼn groep gewapende mans ʼn juwelierswinkel daar beroof het. Volgens Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, was die metropolisiebeampte toevallig op die toneel. Volgens ʼn kollega het hy niksvermoedend op sy motorfiets by die sentrum gesit toe die mans van die toneel gevlug en hom van naby twee keer in sy bors geskiet het. Die rowers het sy vuurwapen gevat. Bekkum is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem waar hy omstreeks 12:30 aan sy wonde beswyk het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.